Back
GOAT AND RED CAPSICUM STIR FRY

Boerbok rolrib (lewer 10 porsies)

Bestanddele: 1 boerbokrib (ontbeen), 2 knoffelhuisies (fyngedruk), olyfolie, sout en peper na smaak, 250 g spek (in repies), 250 g gemengde droë vrugte, wyn om oor die vleis te sprinkel, vleisaftreksel, kombuistou om die rib mee vas te bind, 60 ml appelkooskonfyt, en 30 ml olie.

Metode: Vryf die hele rib met knoffel en olyfolie, geur met sout en peper. Plaas repies spek op die rib. Pak afwisselende rye droë appels, perskes en pere om die hele rib te bedek (Moenie appelkose gebruik nie, omdat dit geneig is om suur te wees.) Rol die rib op en bind vas met tou. Vryf die buitekant van die rib met olyfolie.

Verhit die olie in ’n pan en seël die rib om verlies van vleissappe te voorkom. Plaas die gerolde rib op foelie, blink kant na binne. Besprinkel liggies met wyn, geur met sout en peper. Plaas twee van die ribbene op die foelie en rol dit saam met die vleis toe (om die smaak te verbeter).

Plaas die vleis in ’n oondskottel in die oond en voeg net ’n bietjie water by sodat die rib in sy eie sappe gaar stoom en nie in die water nie. Voeg meer water by indien nodig, om te verhoed dat die vleis aanbrand. Die gaarmaaktyd sal afhang van hoe gaar jy die vleis verkies.

As die rib gaar is, haal dit uit die foelie en verbruin dit, of bedruip dit met appelkooskonfyt en olie. Verwyder die tou en plaas die vleis in die lou oond. Sny in skywe en maak sous van die vloeistof in die pot om saam met die vleis te bedien.